Versamelde gedagtes
Só sonder om een maal om te kyk
of tale te gebruik
om tekens rondom ons weg te wys
skryf ek jou af
vir een laaste maal
herskryf ek summier jou skrif teen die muur
(wat jy om ons gebou het)
en skend ek die stiltes
wat altyd om ons sal swyg
soos ‘n oop graf
want aan jou naam kruisig ek die jare
wat ons op tortelduiwe se klaagliere gereis het
en nou verhys ek ook die vlam bo my kop
tot waar ek stil kan peins oor jou en God.
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek