Jongste aktiwiteit:

‘n Dag soos dié

die dag was winderig en warm
– soos dit maar met ooswind gaan –
dit ruk en pluk als heen en weer
en dwing die stof deur elke skeur

maar hierdie dag was anders…

wolke het soos skepe
voor die son verbygedryf
die son’t tussen wolke deur
strepe silwer oor die see geverf

en later, toe die wind bedaar
het die son ook laag gaan lê,
die wolke, lug en see getooi
in klatergoud en rooi

hierdie dag was ongewoon,
vol wind en kleur en skaduwees
‘n dag soos dié kom nooit weer nie,
nooit presies weer só nie

©Estelle Rubow
8/07/2018




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed