Feestyd blousel
Soos are leeg getap van bloed
en been dor gepers van murg
en longe gestroop van lug
So pryk siele kamers versaak –
van lewenskwaliteit
van lief
van lag
van leef
van lus
Soos die woestyn sonder water
en die hemel sonder hemelliggame
of die oerwoud sonder bome
So eggo bestaan se vakuum –
hol
hygend
hortend
honend
haatlik
Terwyl ons op die blou sfeer
die feestyd blousel besweer
en die swart wolf begrawe
om ons siele te lawe…
2 Kommentare
-
Inkmoderator
Keurige bydrae. Sielekamers kan gerus een woord wees. Dankie vir jou bydrae. IM
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek