Kerskous
Ag, as ek kon
my eie kousie pak
sou ek so selektief kies.
‘n Potjie geluk
en bietjie empatie
selfs ‘n porsie begrip.
Definitief opregtheid
en mededeelsaamheid
om verligting te bring,
want feestyd eensaamheid
is ‘n verlangestryd
teen verspeelde tyd.
Daar sal genoeg glimlaggies
in my kousie rus
om gemoedere te sus.
Ag, as ek kon
my eie kousie volstop
sou ek so versigtig kies.
2 Kommentare
-
Inkmoderator
Dit is 'n besonderse vers. Mooi invalshoek. Pragtig ritmies ook. Dankie vir die bydrae. IM
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek