Jongste aktiwiteit:

Vyfde seisoen

Swaar voete stap die jaar
aan deur die eerste helfte
en sleep traag voort
op eie spoed

Somer, herfs, winter en lente
ritueel elk hul eie opvoering
sonder een enkele oefening
met grasie en perfeksie

Foutloos vervul die seisoene
hulle afgelegde verpligtinge
en sirkel terug om volgende jaar
nog ‘n keer verby te vaar

Tog rus die kroon op die laaste,
op die vyfde seisoen
wat in afsluiting met feestelikheid
van die ou jaar afskeid doen

Mooi getooi in goud, silwer en rooi
skyn die gety na buite en ook in hart
met omgee, liefde en mededeelsaamheid
wat alle donker en swaar wegvee

Deel ‘n glimlag in hierdie seisoen
om sonder geld meer te doen
vir gebrokene en eensame
wat ligloos wag met hoop




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed