Kersfees Melodie
Kersfees Melodie
Oerklanke sweef melodieus deur die heelal
gegeur met die skitterlag van die aandster.
Jesus is gebore – die Koningskind
beplan deur God ons Abba Vader.
Engele sing met soete klanke die
liefde van onse Jesus klein.
Vreugdestrane vul ons mensegees.
‘n Seun is vir ons gebore onse Redder,
Here Jesus.
Vrede op aarde … vrede op aarde.
© L Barnard (23/12/2016 Bela-Bela)
4 Kommentare
-
-
Inkmoderator
Besonderse kort en kragtige vers wat die kersverhaal mooi weergee, Dankie vir jou bydrae. IM
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek