In die Paradys
In die Paradys
‘n Loofboompie roep:
haar blare ritsel en vertel
van heerlike lofbetuiging
in God se tuin.
Rose vleg ‘n tapyt van rooi,
bosboomvaring en bruinivoor
buig diep en grashalms veg vir die eer,
om fluweel te wees vir Sy voeteval.
Kosmos en inkalelies stry
om geure te versamel,
sou Hy afbuk om in te asem
waar fonteine borrel om Sy dors te les.
Eendag aanbid ék ook
in Heilige teenwoordigheid,
maar nou getuig jóú woorde sag
van heerlikheid, dáár by Hom.
© Ernst Fernando dos Santos
4 Kommentare
-
Inkmoderator
Tydens die kersseisoen is die plekkies van geliefdes besonder leeg. Die panorama wat jy skep deur geure en kleure is geloofwaardig en pragtig. Die paradys lyk min só tasbaar mooi. Baie geluk met 'n innemende vers. Baie dankie vir jou bydrae. IM
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek