Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

klits en kluts

 

 

in besige ure

kan jy vinnig van albei

kwyt raak, voor jy nog besef

veral as jy eers die klits verloor

daarna skoon van die kluts kwyt raak

met gedagtes wat ophoop in my kop

sit ek en staar oor die see

verlede se gedagtes

ry my soms bloots

slegs geloof-saal

en stiebeuels

van reg

en

geregtigheid

wat my oë op die

horison vasgenael hou

wat lê daar ver buite

verwyder van

die strand

hier waar

sand wit

en vol skulpe lê en bleik

voor my oë

ver

oor die deinende see

waar groot skepe waag

pasaatwinde heers

en seestrome

klimaat verander

daar waar

my oog

nie kan sien

lê mōre opgesluit

agter die mis

tot mishoring blêr

oor een verskietende

ster

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed