Ai Spaai vrugteslaai Goud
Ek proe die geel van kaalgatperskes
in die warmte van die son
ruik die volrooiblos
van ryp granaat
in die Ceresberg se kom
uit die wingerde van Wupertal
dans die sap van swart robyne
knus hier op my tong
tussen wingerdboord en soetlemoen
drup die heuning kopersoet
aai spaai vrugteslaai
my vingers liplek taai
©️ Amanda DM
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek