
Skakering van liefde
jou wakkerword-glimlag
straal songeel deur my ontwaak
wat goue nektaarstrepe
heunigsoet boeket
my dag vlerke gee
om met arendsvlug
deur elke blou
te klief
later met skemergroet
my dors-verlange
met nartjiefleur-vrede
af te rond
wetend … dat jou teenwoordigheid
in liefdeskakering
my menswees met koloriet
bespat
©Driekie Grobler (2021)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek