Jongste aktiwiteit:

Alleen Tyd

sterre staan stil
die moment van op kyk
in ń koue winter nag,
teen die spoed van lig
skiet hulle egter
werklik weg.

voete staan platform stil
op moeder aarde
stut my kop altwee,
ń stamp teen klip
ontplooi egter dolle spoed
van struikel val.

as werklikheid oopruk
skree elkeen sy eie nood
oor klippe die sterre in
die roep verskiet
as gesmelte
klip.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed