Kinderlik Duimvashou
Kinderlik Duimvashou
As ‘n kind was
ek wens ek wens
‘n lekker ou sê maar
op wat sal ek nou kan wens,
dalk my geluk op die volmaan plaas
en die man in die maan my uitlag
want die volmaan kwyn met wense
en al tot sekelmaan se vergeet—
Dalk maar my blink geldjie in die
spuitfonteintjie gooi en iemand jou wense
fnuik en dit dankbaar gaan uithaal, of
dalk my geldjie op die treinspoor plaas
waar wense kom en gaan soos treine snel
verby vergete haltes se perronne stoom,
of vinnig wens op ‘n verskietende ster
en dit saam in sy vuurstreep uitbrand—
Nogtans
sal ek wens en wens
want dis ‘n lekker ou sê en
kinderlik duime vashou want
dalk, net dalkies,
word my wense waar—
Janetta – Helena [Babs]©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Lieflike mymeringe hierdie tannie Babs!