Doodgelate
swart materie hang in hemelkaste in koue onbekende ruimtes ligjare ver water, sand, klippies en sement eers wyd versprei, vermeng staansaam as sterk beton sand drink branders totdat die almagtige gety net sy natbroek agter laat insekte broei voort ongeag die gedoom van vingers op plastiek in vlak plassies ongeag die spoke in kaste krake […]
Wonderland – Brons
Die magiese eenhoring begroting vasgewortel deur ‘n kleptomaniese regering waar belasting betalings hemelhoog heers en salarisse skielik ly aan hoogtevrees die selfopgelegde uitdagings ‘n onbevoegde taak die toegekende tenders lê uitgebuit en braak vermiste miljoene word gesteelde biljoene terwyl hul Gucci sakke gevul is met triljoene die bevoorregtes is oorvreet en dik die […]
Skabreus Silwer
Skabreus ek slaan my oë op na die halfgehapte witteberge wat onverduurlik in grouheid gryns en gloei en bokkerol bevestig en beaam van wat ek geleer het van moederskoot reeds waarvandaan sal daar hulp kom vir die swak sieligheid van my beroerde binneste bekonkeldheid man niemand en niks word meer heel nie orals lê […]
Maart 2025 – OOP projek
Beste INKers Streng gesproke is die 1ste Maart die begin van herfs vir ons hier aan die Suide. Die temperature reflekteer dit vir seker nie. Gelukkig (of ongelukkig vir sommige) is Maart `n projeksiklus sonder voorskrif. Nou is die tyd om die laaie oop te trek en die rekenaarlêers te ontsluit waarin dáárdie […]
Januarie 2025 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan die 12 lede! Wenners GEDIGTE Brons (1) No 21 Rosalee Meyer met Uurglas (2) No 11 Johan Jansen van Rensburg met’n Ou se U-draai (3) No 20 Elize Awona Pucillo met Rebelse held Silwer (1) No 2 Coenie Horak met Tjailatyd […]
Dansmaats
my sweet bars uit sonder oefening my mond is droog sonder waternood en my brein staan stil as ons stadig langarmdans jou sweet bars uit in oefening jou mond is droog in waternood en jou brein flits rond as ons vinnig losdans los of saam dans is wat ons gloede bepaal al is die uitkomste […]
Gevaarlike Hulp
in ń rotspoel water skitter klein helder sonnetjies oor blou groen seegras, dis waar vissies wei en krappies nagkar werkies kry oor die rotse skiet witwater blou sout suig aan dieper swart seebamboes, dis waar haaie jag en krewe ablusie werkies kry oor witmarmerblad skiet ń versorgde ferm hand bo-oor glowe witpapier, dis waar skuldverhaalers […]
’n Onverwagse oplossing vir pyn.
Ek moes lag toe ek onlangs op ’n artikel afkom wat beweer dat water amper alles kan regdokter, van rumatoïede artritis tot ’n knaende migraine. En tog, hoe meer ek daaroor dink, hoe meer sin maak dit. Water is immers oral: in jou koppie tee, jou warm bad na ’n lang dag en selfs in […]