Doodgelate
swart materie
hang in hemelkaste
in koue onbekende ruimtes
ligjare ver
water, sand, klippies en sement
eers wyd versprei, vermeng
staansaam as
sterk beton
sand drink branders
totdat die almagtige gety
net sy natbroek
agter laat
insekte broei voort
ongeag die gedoom
van vingers op plastiek
in vlak plassies
ongeag die
spoke in kaste
krake in fondasies
babadoek gevoelens…
die muskiete laat steeds, ń gejeuk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.