Besigheid Etes
Die maître d buig
haar vorm sag oor tafelblad
skuif leer met keuses voor,
wat die aandag steel
is haar hals
monde sweet speek
berei voor vir die geregte
want eksotiese keuses was gemaak,
droewige druiwe resultaat heelaas
vervlak die gezoom gesels
uitleg van buurman se bord
ń wonder kosskouspel
en vele geure vul neuse,
in een klein stil moment
rattel net eetgerei
onbeskaamd oop mond
oor vreemde smake
vou die lippe,
kreun en steun nou al
gepraat
vuil hangmat dik hang
mae, oë en koppe oor tafelblad
stilte is nou die taal,
die betaling is al geskree
sonder ń baas
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.