Jongste aktiwiteit:

HET JY AL?

Het jy al gesien
hoe ‘n weggespoelde eensaam man se spore
in die sand wegsink?

Het jy al jou vingers
by die moddergat se walle
om ‘n kleilat saam gevou?

Het jy al gaan kyk hoe vleg die vinke nessies
by die oorhang by die dam
of het jy dalk die mooi van jonkwees
vir later se onthou verbrou?

Loop saam met my dan vertel ek jou
van kallers wat stamp-stamp
hulle lippe om hul ma se uiers vou
en van die groen opspring kinders van verbrande gras
wat wegkruipertjie
met beeste deur doringdrade langs ‘n grondpad speel.

Het jy al gehoor hoe die mossies
in die middag by hul nessies raas
en gaan kyk
waar tarentale se sandbad in die middag se na-son lê?

Het jy al
of het jy dalk die mooi van jonkwees
vir later se onthou verbrou?




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed