
DIE LEWE
Jaag-jaag saggies slaan die muurklok twaalf
wanneer die môreson skelm oor die heuwel loer
en die koue vingers van die nag
statig sy vertoning uitsmelt op die stil verhoog
Voortploeg – voortploeg tussendeur die lewensonkruid
wat geniepsig dreig om elke groenkol in my brein
deur te vleg met dorings en met pyn
en die werklikheid te dwing tot skyn
Tuimel-tuimel in die warboel lewenstuimeldroeër
wat water uit ‘n woltrui soos mis in die somershitte
klankloos laat wegsmelt en verdwyn
terwyl ‘n lewe in ‘n bevuilde hoekie stil wegkwyn…
3 Kommentare
-
-
Ch Nel Venter
hierdie vers se so baie. goed geskryf Louie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
voortploeg voortploeg tussen die lewensonkruid-treffende strofe