DIE REëN
Die reën kom leen my van sy trane
en maak sy keel skoon
met gorrel drafstappies
in die dak se afloop pype aarde toe.
Die rankgras stuur hul advokate
voor die waters uit
om regte vir sluishekke te betaal
na waar die gietyster stoele
onder Jakaranda bome staan.
Die roosbome ontdooi hul mooiste
een week blomme rokkies blare
en flikflooi met die reën se bankier
getooi in sy geleende reënboog aandpak
vir nog ‘n uur se reënnektaar
Die reën kom leen my van sy trane
verbreek sy kontrak met die son
en plas sy druppels
soos bokspring kaalvoet kinders
in sy water houbakkies neer
… en ek sal wag
want hy’t belowe om môre
weer vir my ‘n traan te dros
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
pragwerk en foto louie