Goue Genade geluide
Heimwee van verre verlange
sing weemoedslied in duet
om hoeke, op wieke van wind
fluit sag met harsteer geblaas
deur stegies, strate en gange
Vreugde- dans volmaak inpas
huppel – lag uitbundig te hard
rondomtalie kaalvoet – nat
as Liewe Jesus reëndruppels
op rooi plaaspad spattend plas
Dankbaarheid vyfgang- trippel
in reguit horisontaal sonstreep
want die aanvoel van ultraviolet
geskenk deur dierbar’ vader son
laat liggaam, gees vrolik huppel
Goue geluide van Sy genade
word wyd en syd luid weergalm
elk dier, boom, wese en plant
slaan majestieuse skilderprent
van Hoërhand stil- stom gade
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Evelyn se gedigte is altyd so mooi