Jongste aktiwiteit:

Die strik van sien

Ons staar verwonderd na ‘n skildery, ontroer deur die estetiese van die kunste

Ons raak nostalgies in die herlewing
van haas vergete juweeltjies uit vervloë dae

Ons waardeer oomblikke van vrede,
die rare belewenis van ‘n versadigde gemoed,
‘n stukkie hemel op aarde

Ons koester die liefde,
die mees beskrewe maar steeds gebrekkig
uitgebeelde spesiale band,
wat tog net in die binnemens beleef kan word

Ons beleef die bewussyn van die verhewe binne-dinge, onderskei van die bloot sintuiglike

Is dit nie wat van ons mense maak,
weinig minder as goddelike wesens,
ons verhef bo die oënskynlike nie?

Is dit nie die wentelpunt
waar die aandrang op ‘n sienlike godheid,
wat ons met ‘n skalpel onder ‘n mikroskoop
sou kon dissekteer en beoordeel,
so volslae uit sy diepte bevind word nie?

©️-cs-mrt-25




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed