
era(ta)
wat jy gister gesê het
is duidelik gladnie wat jy vandag sê
wanneer jy so terug loop op jou standpunte
dit laat onuitveebare twyfel oor jou integriteit
en dit brand soos vuur in ‘n bloekombos
van my realistiese lewensbeskouing
poli-tiek van vandag is ‘n duister nag
poli-tici was nog altyd daar net vir die geld
wanneer hulle jou vertel iets is heel veilig
moet jy juis bevrees word oor jou lewe
hul bedoel juis die teenoorgestelde
poli-tici is anders as leeraars
hulle hoef nie ‘n morele front te handhaaf nie
vir hulle is dit die prys van die boodskap wat geld
of dit nou dollars, rande of yen is – maak nie saak
wat wel saak maak – is die parlementêre pensioen
wat elkeen gaan kry met al sy voordele
voltooi net een termyn
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.