Jongste aktiwiteit:

Swart swerkater en die Teddiebeer (kort kort verhaal) Goud 298 woorde

Die wind huil om die hoeke van die huis. In die voorhuis kletter en klap die vuur gesellig. Ek is net besig om my lang wolsokkies oor my koue voete te trek toe my groot ou teddiebeer man skielik op die punte van sy tone, nog ‘n aks langer word.

“Gee my jou slipper!”

“Hoekom?”

“Man just give me your shoe!”

Teddiebeer trippel versigtig in die nou spasie tussen die muur en die bed.  Die manier wat hy sy ses-voet-something bene in ‘n kamma pirouette vou, vertel my daar is iets onaardigs op die vloer voor hom.  Sy stem styg ‘n decibel of twee.

“Skoen! Dis ‘n skerpioen!”

“Waar? Hoe groot? Is dit ‘n swartetjie?”

“Man los ek het my skoen.”

Soepel soos nog nooit, draai daardie Big-Show-lyfie op die punt van een toon al in die rondte in die nouste spasie ooit.  Ek verkyk my aan die dimpels op sy oulike boudjies wat nou soos twee wafferse opgeblaasde sokkerballe vertoon.  Styfgetrek in afwagting vir die groot hou.

Kaplaks!

“Het jou, jou dwaler van die nag.”

Vergete ons belofte dat ons die onskuldige diertjies vang en loslaat agter die huis. Teddiebeer lig die nommer dertien stewel trots bokant sy kop.

Toe begin hy giggel (ja hy kan nogal oulik giggel hoor).  Aan die punt van die stewel hang daar ‘n swart swerkater. Die einste bolletjie wol wat ek so vlugtig voor slapenstyd van die bed af gewaai het. Te lui om asblik toe te loop met die wete – ek gaan mos more-oggend uitvee! Toe lag ons altwee dat die trane loop.  Met my een toon trek ek versigtig my slippers nader aan die bed.  Dit sal mos nou nag wees indien ek per ongeluk op so ‘n swart swerkater in die middel van die nag moet trap.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed