Jongste aktiwiteit:

vleuels

die lug-vleuel van my baai
is effens stil vanoggend
die see lê soos ‘n dam
baie voëls sit op rotse
en droog hul vlerke
in die koel wind

ver oor die blou see
staan daar ses vrag skepe
hul ankers gedraai weg van wind
snags blink hul galery van helder ligte
soos neon ligte van groot geboue in die stad
rustigheid weerspieël op water wat soms kan kook

motors en bakkies beweeg al van vroeg af rond
vissermanne van binneland kom toets waters
aankommers geniet die helder sonnige dag
inwoners gaan voort met hul dagtake
gholfbaan is besig op so ‘n dag
ewige migrasie van gesigte

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed