stillewe (Goud)
die dam lê soos ‘n reusespieël
ingenestel tussen riet en grondwal
‘n stillewende weerkaatsing
van lug, wolke en ‘n terloopse verbyvlug
dan kom die wildeganse in beweging
vanaf die eilandjie met die kwastige treurwilg
beweeg snaterend trip-trap oor die gladde oppervlak
begin asof veerlig skei van hul eie weerkaatsings
terwyl hul langnek en sierlik klief deur die lug
al kleiner word tot so ver die oog kan volg
word die reusespieël weer ‘n stillewende weerkaatsing
van lug, wolke en ‘n terloopse verbyvlug
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek