Jongste aktiwiteit:

Teen skemer

Teen skemer

Ek het ‘n rooikeelfisant
op ‘n miershoop sien sit,
met ‘n sagte roep
het jy nesgeskop,
in die stil rivier
van my bloed.

Hoe jy in my are rinkink
my hartklop die melkweg inslinger,
die wind in jou oë
verdrink in pupille van tyd.

Die kabouter op die maan
het klimtol gespeel met die oseaan,
as die soet geur van jou stem
deur die na-nag viool.

Bloeisels van onthou
-bloeisels van jou-
draaikolk in die palm van my hand.
Ek het ons briewe geseël,
opgerol in die stert van ‘n komeet.

Nóú proe ek die reënbui
van ‘n hoëveld donderstorm
teen die wiebel van ‘n skemer,
lank vergete.

© Ernst Fernando dos Santos




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed