Jongste aktiwiteit:

My kinderhuisvriend (Goud)

in my dinkboom was daar takke
en mikke om te sit
In syne was daar sluiters
oor die oopmaak van sy bid

in my kamer was daar stilte
en vrede rondom my
in syne was daar sendings
wat sy hande wou verlei

hy was my kindervriend in wese
by ons vrees en blaam verby
soos ‘n Dawid en ‘n Jonathan
was ons ongebonde bly

en ek wonder waar hy is
en wat het van hom geword
as sy gesig se vae lyne
my gedagtegang omgord

wat is ‘n weeskind se verweer
teen ‘n kinderhuis verval
as die onreg sy gedrag
in ‘n opperhand uitstal

Andries Fourie
(Seirdna)
2024.06.30




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed