Verstreke piëteit
ek wens ek kon jou uit my kop laat klim
sodat ek jou kan bêre in die kluise van die see
ek wil die verlange snare van my hart trim
sodat ek jou daarmee uit my gedagtes kan vee
dis ‘n einde wat saggies aan my siel knaag,
‘n vuur wat brand met elke tere asemtog
en terwyl jou lag in alle opsig stadig vervaag
bly die herinneringe my eie wrede kruistog
die wind fluister ‘n sagte, ferme tot siens
en die son sak in ‘n traan gevulde gloed
daar is nie ‘n hoopvolle blye weersiens
want die afskeid was ‘n bloeiende vloed
die pad van môre sing sy eie vrye omgee lied
en vader tyd vleg draaie deur die stof van gister
ek sal jou altyd onthou sonder enige verdriet
omdat jy meer was as net ‘n blinkende aand ster
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Maart 2025 – OOP projek