Visieloos
Bron’s afdeling
Visie-loos
In die skadus
van die lang bome
het ons hom neergelê:
Leeu van Wes-Transvaal.
Hier vind hy sy rus,
in die lang bome
se sus.
En los ons visie-loos…
In die skadu
van die eeu
sien hierdie volk dof
in toekoms se spieël
Die wolk se goue rant:
net maar skadus
teen die muur
van ons verslane harte.
…en die uurglas
loop leeg…
Staan op uit die stof!
Herstel jou gesig!
Volk van God!
Tree uit in die Lig!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Maart 2025 – OOP projek