
See van vergetenheid
Tot aan die ruigte
stilte waterkant
verglans die son
se skuinse middag’vuur
Tot die naaktheid van my hart
kraak en skroei
dis hier waar die stilte
soos klip roerloos die vrae verdroom
Sluit ek my oӫ
in die rustigheid
sodat ek alles raaksien
en luister tot ek die waarheid
kan hoor
Alles lyk so sag
ek wil sing,
maar die wysie wil nie posvat
stil die klanke
weg die luister
Dis net jammer
mens se drome
word soms gesteel
want dan dans die waarheid
tussen rotswande van vergetenheid
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.