Tussen liefde
Ek kyk diep in jou siel
verby vandag tot in die verlede
en voel hoe die woestynsand
my kaalvoete brand
My vingers vleg deur joune
tussen ewe lekker en mooi
die liefde is sagte woorde
die liefde streel met sagte soene
Ek sprei my liefde
oor jou dorre hartstreek
jy laat my wikkel en weef
jy laat my oor die vlaktes sweef
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek