Wonderland – Brons
Die magiese eenhoring begroting
vasgewortel deur ‘n kleptomaniese regering
waar belasting betalings hemelhoog heers
en salarisse skielik ly aan hoogtevrees
die selfopgelegde uitdagings ‘n onbevoegde taak
die toegekende tenders lê uitgebuit en braak
vermiste miljoene word gesteelde biljoene
terwyl hul Gucci sakke gevul is met triljoene
die bevoorregtes is oorvreet en dik
die gepeupel leef van pap en tik
waar die spoorlyne weggedra word
lê die stasies verlate in ‘n stywe gord
saam speel ons ‘n wanaangepaste speletjie
met ‘n misterieuse naam op ‘n plaatjie …
Repelsteeltjie
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Maart 2025 – OOP projek