Jongste aktiwiteit:

Maart 2025 – OOP projek

Beste INKers

 

Streng gesproke is die 1ste Maart die begin van herfs vir ons hier aan die Suide. Die temperature reflekteer dit vir seker nie.

Gelukkig (of ongelukkig vir sommige) is Maart `n projeksiklus sonder voorskrif.

 

Nou is die tyd om die laaie oop te trek en die rekenaarlêers te ontsluit waarin dáárdie treffer, waaraan jy werk, op die INKblad te laat ontkiem.

Geen voorskrifte, geen halter en vrye teuels.

 

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

 

Skryfgroete

Projekbestuurder

 

*ONTHOU SLEGS 2 DIG INSKRYWINGS, 3 PROSA EN 2 VERHALE PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed