Wys my die weg van eer
Wys my die weg van eer
Waarlangs loop die weg van eer?
‘Om trou te bly aan die wat regeer?
‘Om woord te hou’ aan ’n volk se vertrou
‘om trou te bly aan dwing’landy’
‘Aan afgedwonge woord en misdaad –
aan wanhoops nood-traktaat?’
waar korrupte demokrasie regeer
‘en woord-verkragting en verraad
nie meer beskou as sondedaad?’
is dít die weg van eer meneer?
wys my jy sál loop die weg van eer
meneer wat regeer …
——————oo0oo——————
[Pastiche en interteks nav Jan F. E. Cilliers se gedig: ‘Die weg van eer’
(© Kopiereg: Pieter Mostert)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.