Latest Activity:

Die Geskenk (Epiese gedig)

Die geskenk (Epiese gedig)

Die Hemel se Koerier klop
aan die deur van my hart
‘n pakkie vir my?
met my naam daarop?
die woorde daarop
eggo deur my gees
“ so lief het ek jou;
hierdie pakkie is
My geskenk aan jou”
oorkruis verbind ‘n pakkie
met rooi lint
ek maak dit versigtig oop
die inhoud?
drie tonele verdeel
wat voor my afspeel
wat sien ek?
BEDRYF EEN
Eden
lustigheid spieël die vebode vrug
slang die oë van haar gees
“eet die vrug, man, jy sal soos God wees!”
twyfel dissel gehoorsaamheid terug
begeerte spieël haar oë se glimlag
spieël-vrug proe-tas haar hande
skei goed en kwaad se bande
naaktheid hap die skille van haar oë se wag
in die aandwindjie het Hy gefluister
“ waarom het jy nie vir My geluister…?”
God dryf die mens uit Eden
gérubs bewaak toegang
tot die Boom van die Lewe
met ‘n swaard wat vlam en flikker
sonde besmet
die aarde met dorings en distels
in die sweet van sy aangesig
moes die mens sy brood verdien
met smart moet sy vrou kinders baar
en na haar man omsien
BEDRYF TWEE
verraai skotteltjie Judas die pasga
prognose Gólgota
Getsémané emosie Sy gees
beker angs benoudheid vrees
bid Sy druppels bloed
met Judas se kus weggeruk
gegesel gevloek gespot
in die binnehof geboei gestaan
driemaal verloën voor die haan kon kraai
disippels die rug op hom gedraai
foltering gesel eggo Sy prognose:
“kruisig Hom, Kruisig Hom!”
op Gólgota vasgenael aan ‘n houtkruis
spykers deurboor
naak en week
onderkleed en ‘n doringkroon
bloed deurweek
Sy laaste asemteug kreet die kleed van duisternis:
“My Vader, in U hande gee ek oor My Gees;
die prognose van U genade is volbring”
BEDRYF DRIE
Keuses
ek sien my worstel
in die doolhof van lig en duisternis
grys areas masker ‘n kompromie met die lig
gevange van die duisternis – vryheid van die lig
duisternis oorweldig – helder skyn die lig
Sy lig sproeireën stafies en keëltjies
in die oë van my hart
neig ek steeds in die duisternis rond te tas
ek sien myself staan in die deur van Sy lig
koepel Sy naghemel oor my gees skrefie helder
kolletjie vir kolletjie sien ek Hom tussen die sterre staan
hoor ek Sy stem vanuit die sterrelig:
“my kind ek het geweet jy gaan rondtas in die duisternis
daarom het ek die Geskenk van My lig in jou duisternis ingebring”
karteer Sy Geskenk my lewe in die galaksies van Sy ewige lig
in grenslose wêrelde van lig en duisternis
kies my gees die Geskenk van Sy ewige lig
SLOTBEDRYF
ek maak my geskenkpakkie met blydskap toe
en gee dit ook nou vir jou
já; aan jou
jy wat nou hier lees [luister]
ek deel ook Sy geskenk aan mý;
nou – met jóú…
——-ooo000ooo——-
(© Pieter Mostert)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • PJB het n geregistreerde lid geword

  • Ian wrote a new post

  • Amaspoke wrote a new post