Wys my die weg van eer
Wys my die weg van eer Waarlangs loop die weg van eer? ‘Om trou te bly aan die wat regeer? ‘Om woord te hou’ aan ’n volk se vertrou ‘om trou te bly aan dwing’landy’ ‘Aan afgedwonge woord en misdaad – aan wanhoops nood-traktaat?’ waar korrupte demokrasie regeer ‘en woord-verkragting en verraad nie meer beskou […]
Woordkomplot (Engelse sonnet) (Goud)
dis in die boorde van jou woordkomplot waar vrug in wrok en wrang sy tak verlaat daar waar die skryfboom driemaal weierbot en elke sin sy snede troebelhaat dis teen die hange van jou skurweberg waar elke krans in kliprant kruheid staan daar waar jou woorde vlym en vinding verg en elke bastion nog sukkelstaan […]
Drie Gordyne (Goud)
Hoe is dit hier veel anders as daar, waar China agter die bamboesgordyn konfedereer of waar Rusland weer onder die loodswaar val van die ystergordyn regeer? Want hier, waar ons die gatkant van die Reënboogland met oopbek-verbasing betrag en doofstom snap dat elke tweede Jan Rap – hoewel moreel bankrot – suksesvol op korrupsie floreer; […]
Klassieke Ewewig
my sitvlak is verskans in leer teen blou gras musiek die vastrap, koue en armoede klassieke Mozart vloei simfonie suiwer in warm klanke oor my radio Soweto musiek raas hier en daar om ń konka vuur waar koue hande dirigeer musiek klop in elke hart kwaito tot klassiek net die koue verdoof klank
dae van ons week
soos: “days of our lives” verdoop ons dae van elke week groter en meer glorieryk as die son is daar nie daarom ons noorse sondag diana godin van die maan en die dogter van jupitor maak ons egiptiese maandag ‘n nare wolfgees genaamd fenris het die noorse god van oorlog by name tyr se hand […]
reguit draai
om reg wes van oos te draai is soos om reg suid van noord te draai die moeilikste ding in die lewe om heeltemal van rigting te verander – een honderd en tagtig grade om voor te begin, van nuuts af weer onder te begin weer as nuutjie, roof of inkommer te begin hoeveel keer […]