irritasie purgasie
telkens wanneer sy skrywes die openbare oog tref maak dit hel in haar los die losheid van sy woorde die grafiese voorstellings van geskrewe gedagtes druis in teen haar sin háár sin van dinge hoe sý dit wil hê háár bekrompte en saai manier sonder innovering vasgelê in papier wat reëls voeg waar geen las […]
leë woorde
met hoogdrawende stem lê hy sy eskatologiese siening uit sy woorde ril van inspanning hoorders gril van verdriet so groet die prediker tans die toegewyde skape van sy wei met dramatiese stemtoon wat sy afkoms verklap in alles loop die goue draad van christologiese belofte aan mens kroon van Sy skeppingsverhaal enigste geskapenes met rede […]
gemene(b/p)es
gewroegde land geknelde land verguisde land met sy doringboompie geskiedenis sonder sy volks ideale en morele waardes gestroop van sy minerale rykdom in grondstowwe gestroop van sy selfregerende strewe en trotsheid in homself verward tot die tiende geslag se straf reik daar steeds skape ter slagting gelei na die gemene(B/p)es se valsheid soek hul steeds […]
wense
. mag jy baie geseënd wees mag jou dae vol sonskyn wees mag jy net gesondheid en liefde leef mag jy baie getroue vriende en vriendinne hê mag jou lewe vol probleme wees wat jy opgelos het mag jou kinders jou baie lief hê en respekteer mag elke dag se daglig jou weereens tref mag […]
vaagheid
. uit oopgesperde hande rol dollars vry en gratis koop siele van die dwase beinvloed ook hul denke manipuleer hul norme . mense in eie gemaksone lewe rojaal en uitspattig ignoreer hul eie gewetes hul tyd gerig op plesier waarheid onbelangrik . uit die mond van duiwels word dwase mense gevoed met wêreldse gewoontes wat […]
Staatsaaptenare
Solank ons bedroeid aan die skimmels van demokrasie wurg, diskrimineer en parasiteer vetgevrete lummels – o n b e s k a a f d – buite beheer lieg en bedrieg hulle nonchalant om hulle Judasstreke toe te smeer terwyl hulle ons vooruitgang doelgerig saboteer en stééds hoog en laag hul onskuld tot walgens toe […]
ballade van verwarring
– “..is soos wanneer jy iets aanlyn aankoop en met groot verwagting die pakkie oopmaak, net om te sien dat jy iets heeltemal anders ontvang het” – iewers na neëntien vier en negentig het ‘n volk eensklaps ontdek dat hulle uit hul erfenis verneuk was – geboortereg was so algemeen aanvaar dat hul skoon verward […]
alleen maar net digter
spitsvondig is sy woorde dit vlei die wat gevlei wil word dit paai die wat kwaad wil wees ook aan die wat verhewe voel woorde wat hul wil hoor – mooi is sy spraaksaamheid glansryk die toejuiging daaroor met elke mooi wens glinster hy sy hart vind baat by die sukses vertroos in sy eensaamheid […]
druiwestok
– hierdie wêreld is familie-vyandig haat en nyd tussen lede van dieselfde familie daarom die wrywing en ongelukkige verhoudings die lote van die druiweplant groei al hoe meer wild meer en meer vergroeide knoetse verskyn op die stam die omgewing al hoe meer vyandig gesind en giftig as die goeie Tuinier nie betyds kom snoei […]