ballade van verwarring
–
“..is soos wanneer jy iets aanlyn aankoop en met groot verwagting die pakkie oopmaak, net om te sien dat jy iets heeltemal anders ontvang het”
–
iewers na neëntien vier en negentig
het ‘n volk eensklaps ontdek
dat hulle uit hul erfenis verneuk was
–
geboortereg was so algemeen aanvaar
dat hul skoon verward was
dat hulle vandag steeds verward voorkom
–
met hul traumatiese verwarring uitgespel
verwoes en vertrap hul nog alles
selfs na twintig jaar se roekelose woede
–
met groot omslagtigheid word verduidelik
hoe hul alles in die lewe verloor het
met brawade en redelose haat vloek hulle
–
hul voorvaders het verward moes trek
oor berge en riviere het hul gekom
tog het hulle aangepas en weer herstel
–
diep gewortel was egter die verraaiers
selfs in hul eie dna oorgeplant
sloeg hul steeds voort in volksgemoed
–
eers joiners en toe die volksverraad
niks was te sleg om te doen
een leier-moord op ‘n ander gepleeg
–
hoe lank nog, sug die mense verward
hoe lank nog moet ons wag
voor ons weer kop bo water kan kom
–
bekeer julle, skreeu die predikers
maar ons is dan ‘n Christelike volk
antwoord die mense steeds verward
–
volksmoord en bloedige barbarisme
vorm daaglikse versteekte patroon
geen hoofnuus meer, sleg genoteer
–
staan op, staan op vir Jesus, sing die koor
wie sal staan, die laaste op sy grond
wie sal opstaan om sy volk te lei en rig
–
deur verwarring leer die Vader helder
leer Ek jou om My weer te ken
soos hul vaders geglo het, glo hul nou
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.