
Nare ontwaking – Goud
Onder groen tentakels van ‘n wilgerboom
het jy jou lyf styf teen my aangevly
jou mond het my liefkosend verlei
en smagtend meegevoer op ‘n droom;
my weerstand het skaamteloos begin skroom
soos jy my hart oor die afgrond lei
wyl jou lippe sag oor my naaktheid gly
het begeerte my beheersing deurstroom
maar skokkend seer was my desillusie
toe die dag agter die heuwels wegdwaal
en tyd weer twee weë na ons lot beslis,
vervul met twyfel en inhibisie
toe ek wakkerskrik uit my feëverhaal
wetend dat ek slegs jou speelparkie is.
©Loretta Szikra
*Herplasing vir Oktober se Liriese projek
7 Kommentare
-
Callie Vermeulen
Goed gepen Loretta (net jammer vir die oepsie)
-
Ryno Rossouw
WOW!!!
-
Elroux
Pragtig Loretta.
-
Cornien
Pragtig
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2022 Liriese projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie