Jongste aktiwiteit:

druiwestok


hierdie wêreld is familie-vyandig
haat en nyd tussen lede van dieselfde familie
daarom die wrywing en ongelukkige verhoudings
die lote van die druiweplant groei al hoe meer wild
meer en meer vergroeide knoetse verskyn op die stam
die omgewing al hoe meer vyandig gesind en giftig
as die goeie Tuinier nie betyds kom snoei nie
gaan daar verseker nie goeie vrugte wees
sal die oesjaar se wyn bitter suur wees
alles was reg geplant met nodige kos
maar die slegte omgewings invloed
dring die wingerd binne en verwoes
mag ons goeie Tuinier betyds kom
sodat die lote weer geil kan groei
bevestig wat die doel daarvan is
om die wingerd te versterk
met gesonde nuwe
groei

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed