kleur my in
kleur my in
jy gaan my rigting stap met my
gesprekke kerf die afstand korter
ek swerf in die vryheid van jou stem
skugter glimlag en oë onbedug
die vorm van jou mond
laat my beloftes maak
met jou satynlag wil ek beter wees
wat laat jou verwonderd staan
as ek my hartseer vir jou lees
oral waar jy was
is ingekleur met lig
©VonVillon
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.