alleen maar net digter
spitsvondig is sy woorde
dit vlei die wat gevlei wil word
dit paai die wat kwaad wil wees
ook aan die wat verhewe voel
woorde wat hul wil hoor
–
mooi is sy spraaksaamheid
glansryk die toejuiging daaroor
met elke mooi wens glinster hy
sy hart vind baat by die sukses
vertroos in sy eensaamheid
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.