Jongste aktiwiteit:

bietjie is genoeg (brons)

bietjie is genoeg

ek stap vandag weer op die tweespoorpad
wat my tot by die westelike grens sal vat
en ek hoor stilte so ver as wat die oor kan loop
op hierdie plato wat jou van hoogmoed stroop

ek voel die felheid van die son wat ongenadig skyn
soos hy vog opslurp wat plant en dier laat kwyn
hy brand loodreg op als wat kaal voor hom staan
terwyl ons ongeërg in sirkels om en om hom gaan

ek staan nederig in eerbied en ek kan net raai
hoe dit kan wees dat net bietjie alles so kan draai
waar dit na ‘n sewejaardroogte se leegloop en uitbloei
met so min reën van byna dood af terug kon groei

ek ruik die hitte wat uit verskroeide rots opstaan
in klipriwwe wat hul pad sig-sag oor die vlaktes baan
en ek kry die geur van karoobos en die bitter van die ghaap,
ook die stink witgat met vingers wat aan die hemel raak

ek sien van ver af die windpomp en die ou sinkdam
en links van ‘n boom staan ‘n springbokooi en haar lam
en ek sê vir haar jy kan maar bly staan waar jy staan
ek kom in vrede en sal ver regsom verby jou gaan

ek is verknog aan hierdie aarde wat minder vat as gee
en ek proe sout trane op my tong oor ons lande en ons seë
ek hoor iemand sê ons moet ons van balans vergewis
anders gaan ons sien hoe onbenullig ons immers is

© Hester Steenkamp




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Yolandi het n geregistreerde lid geword

  • Hermien het n geregistreerde lid geword