Jongste aktiwiteit:

geknegde volk

deur Sy hand is ons hier
Hy het ons voorvaders behoed
Sy Woord was vir hulle die wet
stadig maar seker het ons verrot
alles van Hom saam met ons norme
by ons huise, kerke en skole uitgegooi
ons is mos ingeligte verligte wêreldlinge
ons stuur selfs ruimte tuie na ander planete
ons kloon selfs diere en dalk ook die mens
ons wetenskappe wil alles verplaas
vanuit die hemel na die aardse
so het ons ook hier geval
val ons steeds elke dag
in vryval na nêrens
waar sal ons hulp
vandaan kom
die antwoord weet jy
dit kos harde werk
om weer op te staan
ons is nie alleen
Hy soek elke dag
na ons wat afdwaal
Sy kinders weet
Hy is steeds hier
moet nie versuim
maak skoon jou huis
skoon jou hart
verkondig Sy evangelie
trek Sy wapenrusting aan
en veg vir jou voortbestaan
jy is belangrik vir Hom
Hy ken jou van binne en van buite
los nou die gekef oor wie of wat
staan op vir Hom wat jou verlos

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed