Jongste aktiwiteit:

dit is … OKTOBERMAAND! (SILWER)

dit is … OKTOBERMAAND!

dit is Oktobermaand! die mooiste maand
van die jaar is hier; kom ons vat die pad
om kaalvoet deur die maand te stap
wanneer Oktober ontplof in kleursensasie

“Ek groet jou, o mooiste maand, ek wil
jou skoonheid besing – kolkende pers
trosse blom hang in nuanses van violet
ek raak liries oor jou: Oktobermaand!”

Jakarandastad oortrek met pers kombers
betower jy ieder en elk met jou skoonheid
aangetrek soos iets uit ʼn regte sprokie
Jakarandakoningin dans op pers tapyt

dit is Oktobermaand! die mooiste maand
van die jaar is hier; kom ons vat die pad
om kaalvoet deur die maand te stap
wanneer Oktober ontplof in kleursensasie

©Marlene Erasmus
01/10/2022




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed