Jongste aktiwiteit:

klatergoud

klatergoud

van vroeg droom ek van roem en sukses oorsee
om my stempel te gaan afdruk in Los Angeles
alles opgepak en afgehandel pak ons die reis aan
opgewonde, vol verwagting oor die nuwe lewe

oudisies en blink toekoms wink sommer gou
kontrak word geteken en hoofrol word toegeken
rooi tapyt, flitsende ligte en foto’s in die media
ongemerk gou gaan geestelike waardes tot niet

depressief en doelloos bly slaap my ontwyk
om middernag reik my hand na die tablet
die boodskap wat ek kry gaan oor die
versteekte afgode in mense se lewens

die profesie wat ek kry is, hard en duidelik
“Alles wat blink is nie goud nie” – glo nie
in die aardse klatergoud: gee jou lewe oor
leef jou skeppingsdoel; om Hom te dien

©Marlene Erasmus
01/10/2022




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed