‘n Sambreel
–
met hoekoms en waaroms
bedek twyfel soms my sekerheid
my siel reik na geloof sekerheid
dring in my en rig my denke
–
die sambreel van onsekerheid
bedek my vrolikheid met grysheid
grysheid wat ouderdom beweer
asof tyd my lewe kan beheer
–
in ons lewens is tyd oorbodig
geskiedenis het dit kom vervang
met die waarheid van die tyd
bevestig in sigbare gebeure
–
as jy wil sien my vriend
lig net die sambreel van vrees
kyk en sien die werklikheid raak
dit wat nou is en wat nog kom
–
geloof, hoop en liefde is niks
as dit op valse gode gerig is nie
kyk deur die sambreel van leuens
en red jou siel van verslawing
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.