Jongste aktiwiteit:

vaagheid

.
uit oopgesperde hande
rol dollars vry en gratis
koop siele van die dwase
beinvloed ook hul denke
manipuleer hul norme
.
mense in eie gemaksone
lewe rojaal en uitspattig
ignoreer hul eie gewetes
hul tyd gerig op plesier
waarheid onbelangrik
.
uit die mond van duiwels
word dwase mense gevoed
met wêreldse gewoontes
wat hul nasate verwoes
trauma-kinders gebaar
.
boosheid sweef in die lug
sweis en prut oor elke swakheid
ontsteek alles wat kan brand
om deel van ewige vuur
te kan word – sondig
.
geestelike vaders gaan verlore
verkondig kettery in aardse wette
verslaaf die mensdom in sonde
bevorder die verkeerde
veguis die regverdige
.
wanneer tog , sal U verskyn
sal dit dalk in my tyd kan wees
op die wolke van die aarde verskyn
sal dit dalk oorlogswolke wees
sal dit dalk genadiglik reën
.
©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed