
irritasie purgasie
telkens
wanneer sy skrywes
die openbare oog tref
maak dit hel in haar los
die losheid van sy woorde
die grafiese voorstellings
van geskrewe gedagtes
druis in teen haar sin
háár sin van dinge
hoe sý dit wil hê
háár bekrompte
en saai manier
sonder innovering
vasgelê in papier
wat reëls voeg
waar geen
las kan
wees
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.