Jongste aktiwiteit:

klop

klop – klop
klink die stem
sag, dan harder
tot dit donderend
weerklink in my kop
weerklanke en ritme
van gereelde aanvalle
wat my broos laat
my vel laat gloei
van verwagting
van nog pyn
die pyn in
my kop
wat
geen
gewete
kan laat
sus

©Teãrlach




2 Kommentare

  • Koos Elsum

    Die gedig het my aan die dink ! Is dit ń self gesels / self aanval of beeld dit ń eksterne persoon wat klop uit of nie een vd aan? Kommetaar: Met die groot aantal gedigte geplaas gaan u terug en herskryf of redigeer gedigte ?

  • Tearlach

    Hallo Koos Elsum, Soms skryf ek oor my eie gewaarwordinge van pyn, teleurstelling en gepaardgaande emosie. Ek gaan baie selde terug na ouer gedigte. My brein bly wakker deur vernuwend te dink. Dit maak my depressief om ver terug te kyk na wat ek bv. 'n jaar gelede geskryf het. Ek weet dat ek met die baie gedigte dalk die kwaliteit van digwerk tot 'n mate versaak, maar die woorde vloei uit my siel soos dit kom. Ek skryf nou maar sowat vyftien jaar en skryf 'n gemiddeld van tien tot vyftien gedigte per week. Soms meer, ek weet nie, want ek tel nie. My databank op my tafel rekenaar is vol daarvan. Wat eendag daarvan gaan word weet ek nie. Dit is harde werk om die bestes uit te soek vir moontlike publikasie, en ek is realisties genoeg om te besef dat my werk nooit die sterk winde van die "taal gemeenskap" sal oorleef nie. he he So vir my het dit 'n leefwyse geword van skryf hoe en wat ek voel en aan dink, aan wie en wat daarna wil kyk.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed