Jongste aktiwiteit:

gemene(b/p)es

gewroegde land
geknelde land
verguisde land
met sy doringboompie geskiedenis
sonder sy volks ideale en morele waardes
gestroop van sy minerale rykdom in grondstowwe
gestroop van sy selfregerende strewe en trotsheid
in homself verward tot die tiende geslag se straf
reik daar steeds skape ter slagting gelei
na die gemene(B/p)es se valsheid
soek hul steeds na vryheid
binne verslawing
van gedagtes
woorde
en
werke
steeds ongehoorsaam
aan hul Vader
o, godverlate vlaktes
wanneer sal jou kinders
huistoe kom
die babelse hoer vomeer
jou diepste waardes
herinstel
jou koue hart
finaal prysgee
jou siel aan
Hom wat leef
oorgee

©Teãrlach
[In 1931, is die Britse Gemenebes van Nasies gestig onder die Statuut van Westminster met vyf aanvanklike lede – die Verenigde Koninkryk, Kanada, die Ierse Vrystaat, Newfoundland en die Unie van Suid-Afrika. (Ierland het die Gemenebes in 1949 permanent verlaat, Newfoundland het in 1949 deel geword van Kanada, en Suid-Afrika het in 1961 as gevolg van apartheid vertrek, maar het in 1994 weer as die Republiek van Suid-Afrika aangesluit).]




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak